Vandag se program
- Oggenddiens: Ds Servaas de Kock. 6 Weke van Jesus-liefde – 3. Jakobus 3 : 1 - 12.
- Kleuterkerk (3 tot 6 jaar) kinders tydens die erediens in die koffiekroeg.
- Kinderkerk (Gr 1 - 3) gelyktydig met die erediens in die sysaal.
- Kategese: Gr 4 en 5 (Kamer 1 ); Gr 6 en 7(Kamer 2); Gr 8, 9 en 10 (Konsistorie) ; Gr 11 (Sysaal). Ouers van die belydenisklas meld saam met die kinders aan - asseblief!
- Nuwe lidmate meld asseblief by die kerkkantoor of in die voorportaal aan.
Diensgeleenheded vir gelowiges
- Klavier vaardig? Ons soek dringend na iemand wat bereid is om die sanggroep by te staan met begeleiding. Praat asseblief so gou moontlik met ds Servaas of ds Morné.
- Sang-en musiekgroep: Lidmate wat lief is vir sang of ‘n musiekinstrument kan bespeel word opgeroep om vanjaar deel te neem en hiervan ‘n groot aksie te maak. Optredes vind binne die erediens en ander gemeentelike byeenkomste plaas. Die volgende oefening van die sanggroep vind Saterdag 11 Feb 0m 15:00 plaas.
- Nuwe lidmate ontvang: Ons nooi lidmate - miskien egpare of ‘n omgeegroep - om verantwoordelik te wees vir die ontvangs en begeleiding van ons nuwe lidmate. Praat asseblief nog hierdie week met ds Servaas.
- Afloskategete en jeugouers: Ons kategete vervul ‘n groot taak en het die ondersteuning van afloskategete en ouers nodig. Meer besonderhede oor die aard hiervan kan by ds Morné verkry word. Ons het ook hulp-aanbieders by die kleuter- en kleinkerk nodig.
- Media taakspan: Ons benodig lidmate met aanleg en liefde vir skryf, ontwerp van publikasies, kommunikasie in vele vorms - gedruk en elektronies, ens, om te kom deel word van ‘n nuwe inisiatief wat inligting aktueel-modern en effektief binne en buite die gemeente wil versprei. ‘n Eerste beplanningsbyeenkoms word gehou op Maandag 6 Feb om 19:00 in die konsistorie. Kontak ds Servaas - 082 552 5093 - sou gou as moontlik om aan te meld of om meer inligting te bekom..
Werd om te weet
- ‘n Nuwe groep vir stilword, groei en voorbidding elke Saterdag om 07:00 in die kapel ... vir mans, vroue, kinders en gesinne. Kontak Mynhardt Kapp (082 570 4309) vir inligting. ‘n SMS kan ook aan hom gestuur word met versoeke vir voorbidding.
- ‘n Ordereëling: Die moederskamer is verkieslik vir ouers met babas. Ouers met peuters - wat begin rondbeweeg - kan die konsistorie gebruik. Daar is beeld en klank van die erediens. Die agterste 2 banke voor die moederskamer is vir ouers met kleuters.
Baie geluk met die verjaardae
![]() |
05/02 Cornelis Kruger |
Ons deel in mekaar se lewens
- Onthou ons verswakte bejaardes en chroniese siekes: Hanna Brink (787 2061), Anna Breytenbach (787 6765), Hester Volschenk (011 023 1437), Isabel Kotze (073 639 0633), Martin Kruger (078 119 8757), Carine Opperman (Ekklesiapark), Joe Horn (787 5329), Kotie de Wet (071 608 4644).
- Talle lidmate herstel na operasies, ondergaan behandeling of sukkel met die gesondheid:
- Willem Wagener (082 460 2367), Pat le Roux (793 3943), Chris Wentzel (083 560 7498) ontvang kankerterapie.
- Tienie Oosthuizen (795 1308) herstel na intensiewe kankerterapie.
- Tersia van Wyk (706 2706) en Mike Vosloo (787 3988) leef met akute kankerpyn.
- Stoffel Theron (083 399 1071) ontvang dialise terwyl ‘n skenker geïdentifiseer is.
- Audrey Janse van Vuuren (083 309 3330) herstel tuis na hospitalisasie.
- Kotie Barnard (072 430 2903) herstel na behandeling.
- Wallie Walters (792 2541) sukkel al ‘n geruime tyd met sy gesondheid.
- Susan Theron (791 0017) en Leon Mereis (886 9497) herstel tuis na rugoperasies.
Toerusting vir gelowiges
- Dames Bybelstudiegroep: Elke Dinsdag om 9:45 in die konsistorie.
- Woensdag Bybel-byeenkomste: Dié byeenkomste om 05:30, 09:30, 18:00 en 20:00. Ons volg die temas van die 6 weke van Jesus-liefde.
Toewydingstyd 2012
Toewydinsgtyd 2012 vir alle lidmate fokus op “Jesus-beginsels van liefde”. Ons gaan in 6 weke op reis saam met Jesus op Sy pad van liefde om so te ontdek dat ons in 2012 nuwe betekenis en diepte kan gee aan sovele verhoudings waarin ons staan. Die kerngedagte en fokusteks van elke week word op die betrokke Sondag in die erediens ingelei en word dan in die verskillende groepe deur die week weer verder ontgin en toegepas. Hierdie week se gesprekstuk is op die tafel in die portaal.
Die bestaande omgeegroepe en Bybelstudiegroepe neem aan die aksie deel en lidmate kan vir die duur van die 6 weke daarby inskakel. Lidmate wat nie die groepgesprekke kan bywoon nie kan ook elektronies inskakel en elke week die gesprekstuk per e-pos ontvang. Stuur net ‘n e-pos aan ds.sdek@mweb.co.za.
Kategese en Jeugwerk
‘n Aantal belangrike Bybelgedeeltes word vanjaar in die kategese behandel. Die gedeeltes word ingeskerp met ‘n fokusgedagte wat by die huis herhaal word deurdat ouers en kinders by verdere Bybelgedeeltes saamlees. Die eerste kwartaal lyk so:
Datum |
Bybel |
Fokusgedagte |
5 Februarie |
Genesis 6 : 5 - 22 |
God red dié wat op Hom vertrou. Hy hou Sy beloftes. |
12 Februarie |
Genesis 12 : 1 - 9 |
God seën mense sodat hulle ander kan seën. |
19 Februarie |
Genesis 15 : 1 - 18 |
God verbind Hom in Sy genade aan mense. |
26 Februarie |
Eksodus 3 : 1 - 22 |
God sien mense se nood raak en gee Sy verlossing. |
4 Maart |
Nagmaal |
Geniet- en diensdag |
11 Maart |
Deut 6 : 1 - 25 |
God vra dat ons Hom elke dag en oral sal liefhê. |
18 Maart |
Josua 3 : 1 - 17 |
God se woorde word waar en Sy plan werk uit. |
25 Maart |
Josua 24 : 1 - 28 |
God leef in ons huis en ons dien Hom. |
Dit is die ideaal dat die kategese vir 1 uur duur. Ouers se geduld en begrip word gevra. Die inhoud van die betrokke les en kinders se deelnemende reaksie kan die tyd soms verleng.
‘n Jeugdiens word vanjaar elke Sondagaand om 18:00 saam met Lindenpark in hulle kerkgebou (h/v Centra ln en Bram Fischer-ryln) gehou. Ouers moet ons asb met vervoer help. Praat asb met ds Morné sodat ons kinders ook op dié manier versorg kan word.
Afskopkamp vir Gr 8 - 11 op 24 - 26 Februarie In die Magaliesberge. Merk die datum en nooi solank die vriende. Die inskrywingsvorms is vandag beskikbaar. Ons het ‘n kookspan en helpers nodig ... enige ouderdom. Praat gou met ds Morné (072 672 6875).
Uitslaap en deurnag-pretaand vir Gr 1 - 7. Vrydag 17 Feb. Merk die datum dadelik. Meer inligting volgende week. Ouers ook welkom. Praat met ds Morné (072 672 6875).
'n Offer van geloof in 2012?
Die kerkraad glo die Here bly hierdie gemeente roep om in gehoorsaamheid uitbreidings aan die bedieningswerk te doen maar die huidige begroting vir die boekjaar tot Februarie 2012 dui op ‘n wesenlike tekort - die eerste keer in 13 jaar. Tog bely ons dat … God sal voorsien al klop die somme wat ons maak nie nou al nie !
‘n Geloofsoffer rus op die basis dat ‘n gelowige hom of haar in geloof daartoe verbind om vir ‘n tydperk ‘n bydrae tot hierdie uitbreidingswerk te maak. Die offer kan op verskillende maniere gebring word - as ‘n eenmalige bydrae op ‘n tyd van eie keuse of ‘n maandelikse bykomende offer - of deur die voltooiing van ‘n debietordervorm of elektroniese inbetaling - indien ‘n gereelde dankoffer nog nie gegee word nie. Kontak asb die kerkkantoor vir besonderhede en vorms.
Gelowiges kan daarom stil word … en besluit: Soos wat die Here my lei, oortuig - en natuurlik die vermoë gee - verklaar ek my bereid om ‘n medewerker te word in die werk van die NG Kerk Randburg.
Familiegroep vir ouers met klein kinders
Die versorging en betrokkenheid van ons groeiende aantal jong gesinne met voorskoolse kinders bly ‘n prioriteit. Die eerste byeenkoms van die jaar vind plaas op Sondag 12 Februarie om 10:30 in die koffiekroeg. Kontak enige van die leraars vir meer inligting. Dit neem die vorm van ‘n inter-aktiewe geloofsgesprek en omgeegroep aan.
Basaar 2012
- Die groot dag is Vrydag 2 Maart vanaf 17:00. Ons kan hiervan ‘n grootse fees maak saam met familie en vriende. Sovele behoeftes en geleenthede bestaan sodat elke lidmaat ook ‘n unieke bydrae tot die fees kan maak.
- Die bydraelyste word nou deur wyks- en omgeeleiers versprei. Dit is ook op die gemeente se webblad beskikbaar en kan elektronies voltooi en teruggestuur word.
- Die organiseerders van die tombola en speletjies sal graag ongewensde geskenke en al die oorbly – goeters uit die reggepakte kaste wil gebruik. Bêre dit asseblief of bring dit reeds na die kerkkantoor. Die tombola het ‘n R5- en R10-afdeling om reg te laat geskied aan die waarde van goedere wat geskenk word.
- ‘n Nuwigheid is die stalletjie vir alle handewerk en tuisgemaakte artikels. Kunsvlyt, huisvlyt, stokperdjies, ens ... skenk dit asseblief (teen ‘n voorgestelde prys). Enige navrae kan aan Larissa du Preez (084 628 0385).
- Wit olifante - kosbare artikels wat nie by die tombola hoort nie - word op ‘n stil veiling aangebied. Bring asb sulke items ook na die kerkkantoor - en dui ‘n reserweprys aan.
- Die gewilde potjiekos vereis dat ons ten minste 10 tot 15 kokers moet hê. Skryf asseblief sommer nou reeds in by die kerkkantoor of Leo Thamm (082 824 6604).
- ‘n Wyntafel vir die fynproewers! Natuurlik is skenkings van kosbare flesse bodig! Krap bietjie rond in die huiskelder en gee dit by die kerkkantoor af.
Snuffelkolom
- “Mobile Hair Studio” professionele haarsorg in die gerief van jou huis. Kontak Magdelize - 079 705 0574 vir ‘n afspraak.
- Laerskool Unika voltydse senior ondersteuningsklas gedurende skoolure (10 jaar tot 14 jaar). Die fokus is om leerders wat glad nie kan by bly in die hoofstroom nie, te help om die probleem te oorbrug. Nog plek in die klas vir 2012. Kontak Maritha Steenkamp - 082 322 6126.
- Waarde-vir-geld verblyf: Kamer (R3 000,00 pm) in pragtige tuin. Ten volle gemeubileer, gediens, DSTV en onbeperkte internet toegang. Veilige elektriese omheining, stil woonbuurt, onderdak parkering. Net reg vir jong werkende persoon of nagraadse student. Kontak 082 920 6163.
- Koningskinders speelgroep in Randpark open Januarie 2012. Alle kleuters 3-5 jr welkom. Gekwalifiseerde onderwyseres met 20 jaar ondervinding. Kontak Anne-Lanie by 084 616 6006..
- Noodhulp Vlak 1 Opleiding: 13 en 14 Februarie 2012 in die kerk se sysaal teen R695,00 pp. Kontak Yolanda Steenkamp - 083 655 3808 of yolanda@AidATHand.cco.za.
- Werksgeleentheid by Boogjag winkel in Randburg. Die persoon moet belangstel in jag, kruisboë en boë. Verkope en bestuur van voorraad en dienslewering. Opleiding sal voorsien word. Kontak Stephan van Wyk - 072 607 3442. Vir meer inligting besoek www.sacrossbowhunter.co.za.
- Verblyf te huur: Een slaapkamer en badkamer met stort in ‘n veilige omgewing in Ontdekkerspark. Onderdak parkering, geen troeteldiere. R1 300,00 pm water en elektrisiteit ingesluit. Een maand deposito. Beskikbaar vanaf 1 Februarie 2012. Kontak Nico - 083 321 4160.
- Oudit en risikobestuur op JOU manier, vir enige grootte besigheid. Yolandi - 071 683 6064.
- Gemeubileerde verblyf gesoek. Enkelpersoon. Mid Feb tot einde Mrt. Siegfried - 082 448 9534.
- Au pair dringend benodig in die middae, Maandag – Vrydag. Hulp om 3 kinders by skool op te tel, huiswerk te doen en rond te ry na buitemuurse aktiwiteite. Eie vervoer nodig. Kontak Raylene Pienaar 084 254 9297 of epos raylene.pienaar@corporatetraveller.co.za
Ons bankbesonderhede …
vir alle maandelikse dankoffers, spesiale Nagmaalsoffers of enige ander bydraes :
NG Gemeente Randburg ; ABSA Randburg ; Kode 505 705 ; Rek nr : 0170580001
Meld asb u naam en wyk- / groepnommer, en doel van die betaling met inbetalings.
