Naam |
Portefeulje |
Kontak |
Alda Laubscher |
Bybelverspreiding |
Kontak asseblief die Kerkkantoor om die kontakbesonderhede van die persoon te kry met wie u in verbinding wil tree. |
Anna-Marie Sonnekus |
Matla a Bana
MES |
Annelize Scholtz |
Bybelverspreiding |
Barry en Anel Kemp |
Orange Farm |
Betsie Lotter |
MES
Winterhoop |
Hannietjie Grobler |
Bybelverspreiding |
Mynhardt en Carina Kapp |
Cosmo City
(Voorsitter) |
Sandra Forster |
Algemeen |
Stephan en Selma van Staden |
Goeie Nuus Taxi Bediening |
|
Omskrywing van Diensgroep se belangrikste funksies + belangrike inligting vir gemeentelede |
Die diensgroep dryf die volgende aksies:
- Jaarliks (deurlopend):
- Bybelverspreiding: ons voorsien Bybels in alle tale wat deur die Gemeente gesubsidieer word om dit moontlik te maak om aan enige iemand ’n Bybel te voorsien. Die gemeentes in Orange Farm en Cosmo City word ook op hierdie wyse bedien. Navrae kan gerig word aan Alda Laubscher of Tannie Eggie in die Kerkkantoor.
- Orange Farm: bevat die VGK Sedibeng Gemeente onder leiding van Ds Richard wat deur die diensgroep maandeliks ondersteun word deur middel van ’n weeklikse sopkombuis en ‘n geldelike bydra aan die leraar. Navrae kan gerig word aan Barry en Anel Kemp.
- Cosmo City: is ‘n gemeente in wording by die Cosmo City Christian Centre onder leiding van Ds Jos Nyathi. Ons is betrokke met die ondersteuning van ‘n weeklikse sopkombuis, deel van die ring se projek om ‘n groter aanbiddingstruktuur te vestig en allerlei kleiner aksies. Navrae kan gerig word aan Mynhardt Kapp.
- Matla a Bana: is ’n organisasie wat vanuit die Suid Afrikaanse Polisiediens gestig is om kinders en vrouens wat mishandel is by te staan gedurende die regsproses. Die diensgroep ondersteun hierdie organisasie deur fasaliteite by die kerk beskikbaar te maak vir kursusse en dan ook met tee en lekkergoedjies te bedien. Dit is ’n geestelike uitreiking om die mense te steun in hulle moeilike werk. Navrae kan aan Anna-Marie Sonnekus gerig word.
- Goeie Nuus Taxi Bediening: (of Highway Mission Centre) het as ‘n gebedsuitreik op Worcester (Weskaap) begin met die oog op padveiligheid oor Paasnaweek en die Desembervakansie. Dit het uitgebrei na die res van die land – so ook in Randburg. Dit word gefasaliteer met CD-pakkette wat aan taxibestuurders gegee word om in hul voertuie te speel wat gospelmusiek, gebede, geestelike boodskappe en dan ook padveilgheidswenke bevat – te same met ondersteunende traktraatjies. In Randburg teiken ons nie net taxibestuurders nie, maar versprei dit ook aan Cosmo City en ons huishulpe. Verdere besonderhede kan van Stephan en Selma van Staden verkry word.
- Kwartaalikse Aksies
- Winter Hoop: gedurende die tweede kwartaal van die jaar voor die winter samel die diensgroep names die Gemeente klerasie, skoeisel, komberse en enige ander items wat iemand kan warm maak. Hierdie items word dan tussen hulpbehoewende organisasies versprei. Dit sluit in MES, ander armer gemeentes en skole. Navrae kan aan Anna-Marie Sonnekus gerig word.
- Pinkster / Toewydingstyd: is ’n tyd wat die diensgroep gebruik om weer die Gemeente bewus te maak van die uitreikingsaksies. Navrae kan aan Mynhardt Kapp gerig word.
- MES Lentekarnaval: vind jaarliks aan die einde van Augustus of begin September in Hilbrow plaas. Die diensgroep maak lekkergoed pakkies op wat op die dag aan die kinders uitgedeel word. Navrae kan aan Mynhardt Kapp of Anna-Marie Sonnekus gerig word.
- Orange Farm Basaar: in September / Oktober bied die diensgroep ’n basaar aan vir die Gemeente van Sedibeng. Dit gaan om vir die kinders ietsie lekkers te gee en ’n bietjie tyd te spandeer om vir ander ’n goeie tyd te gee. Navrae kan gerig word aan Jan en Judi Smit.
- Cosmo City Basaar: in Oktober / November bied die diensgroep ’n basaar aan vir die Gemeente van die Cosmo City Christian Centre. Dit gaan om vir die kinders ietsie lekkers te gee en ’n bietjie tyd te spandeer om vir ander ’n goeie tyd te gee. Navrae kan gerig word aan Jonathan Baron.
In die algemeen sal die diensgroep enige nuwe voorstelle ondersoek en ondersteun indien dit binne die bestek van die diensgroep se missie val. Almal binne die groep neem deel en dra by en is nie net aan een of ander aksie gebonde nie. Daar word deurentyd gesoek na meer persone vanuit die Gemeente om by die groep aan te sluit en deel te neem aan die aksies. |
Raak betrokke: Inligting oor hoe lidmate kan betrokke raak (waar en hoe word hulp benodig, hoe om in verbinding te tree, spesiale versoeke ens) |
Die diensgroep vergader een keer per maand om 19:00 in die Koffiekroeg / Konsistorie, gewoonlik op die eerste Dinsdag van die maand. Enige iemand is welkom om ter enige tyd aan te sluit. Tydens die vergadering word huidige aksies en projekte bespreek en nuwes beplan. Dit is ’n tyd vir lekker samesyn en deelname.
Enige iemand op die kontaklys kan mee in verbinding getree word, of daar kan direk met Mynhardt Kapp, die diengroep se voorsitter, in kontak getree word.
Daar is ’n behoefte aan meer ”voete op die grond” – mense wat kan deel wees en neem: nie net aan die huidige aksies nie, maar ook kan help om nuwe aksies van die grond af te bring. |
Stuur asb ook fotos van Diensgroep projekte ens indien daar is. Kommunikasie sal sorg dat daar ‘n foto van elke groeplid is.