top left curve top right curve

Joshua Jeug Ontwikkeling

MES is op die oomblik besig met werwing van ons jeug vir ons Joshua jeugontwikkeling en -diensprogram. Die missiestelling is tweevoudig van aard, naamlik om 'n veilige omgewing vir die jongmense uit die gemeenskap te skep waar lewensvaardighede en ander aktiwiteite gefasiliteer word en ook om 'n geleentheid  te skep waar hulle opleiding in 'n verskeidenheid van vaardighede kan ontvang terwyl hulle gemeenskapsdiens verrig. Die teikengroep is gemik op gematrikuleerde jeudiges asook ander skoolgaande kinders (sien aangehegte jeugprogram). Geen borge word vir hierdie program benodig nie en huisvestig gedurende hierdie tydperk word verskaf.

Indien daar jongmense in u gemeente is wat onseker is van hulle toekomsplanne, bied hierdie 1 jaar jeugprogram 'n ideale geleentheid vir hulle om hulle voete te vind. Ons sal dit hoog op prys stel indien u onder die jeug in u gemeente aangehegte dokumentasie kan versprei.

©2006 NG Kerk Randburg - Hoofblad