Scripture Union se visie is "Supporting the church to introduce children to Christ, the Bible and the Church".
Een van ons medium van bediening is deur kampe en avontuur, indien dit reg aangewend word kan kampe en avontuur 'n ongelooflike middel wees om kinders en jongmense te bereik. Ons het verskeie kamp programme, maar het agter gekom dat daar 'n groot behoefte is vir leier om opgelei te word in kamp, avontuur en sport bediening.
Ons begin volgende jaar ons Kamp Interskap Program. Ek het die nodige inligting daaroor aan, en sal dit baie waardeer indien u dit kan deurgee vir jongmense in u gemeente wat u dink daarin geinterresseerd sal wees. Ons wil ook kerke met 'n visie en hart vir avontuur, kamp en sport bediening, aanmoedig om leiers te stuur vir hierdie opleiding.
Vir enige verdere navra moet asb. nie huiwer om my te kontak nie.
Vriendelike Groete
Mariska de Beer
SU Nasionale Kamp Koordineerder
021 - 686 8595
083 344 3206
Mariska@su.org.za
www.su.org.za