Kontak Besonderhede: Hou asseblief u kontak besonderhede op datum by die Kerkkantoor soos huis, werk, selfoon nommers of e-pos adres.
Vakkies: In die konsistorie is daar ‘n vakkie met u naam, groep of wyksnommer. Verseker dat u vakkie gereeld skoongemaak word van pos. Daar word van u verwag om te minste eenmaal ‘n kwartaal met u mense kontak te maak en sekere informasie deur te gee soos Kwartaal Kronieke, spesiale projekte ens.
Diensrooster: Is in u vakkie beskikbaar te minste twee weke voor die tyd en is geldig vir vier maande. Die diensrooster is ook op die Kerk se webblad beskikbaar by www.ngrandburg.org Indien u nie op ‘n spesifieke Sondag, diens kan doen nie, ruil asseblief met iemand uit.
Groep-en-Wykslêer: Met wyks of groep besoeke maak seker dat u lêer afgeteken word veral wanneer geld ontvang word van ‘n gesin. Die geld kan Sondae by die Kerkkantoor inbetaal word en ‘n kwitansie moet uitgeskryf word en in die lêer geplaas word.
Verantwoordelike Leier: Moet by Donderdagaand verseker dat almal op die lys gebel word en herriner is van die diensbeurte vir daardie Sondag.
Voordeurdiens: Moet 8:40 by die deur wees om afkondigings uit te deel en gemeente lede te groet met aankoms. Gebruik hierdie geleentheid om ‘n paar nuwe name te leer.
Offergawes: Die verantwoordelike leier sal die bordjies uitdeel en aandui waar opgeneem moet word in die banke. Die geld moet na opname na agter geneem word deur 3 lede en in die banksakkie geplaas word, gesëel word en in die kluis gegooi word (by die ingang van Kerkkantoor). Maak seker dat die lidmate getel word met opneem van offergawes en dat hierdie totaal ook in die gesëelde sakkie geplaas word. Skryf in konsistorieboek slegs datum, getal lidmate, skrifgedeelte en prediker.
Voorbereiding: Afhangende van oggend of aand sal voorbereiding op die volgende tye plaasvind. Die Sondagoggend 7:00 (as diens 9:00 begin) of die Sondagaand 17:30 (as diens 19:00 begin). Die verantwoordelike leier moet die brood in blokkies opsny en saambring (2 broode sal genoeg wees). Wyn en druiwesap word in kelkies geskink. Die middelste ses kelkies rondom die handvatsel sal altyd druiwesap bevat. Vir die oggenddiens moet te minste twaalf houers met kelkies gevul word en vir die aand vier tot ses houers. Met ‘n aand nagmaal moet vooraf met die dominie gerëel word watter brood gebruik gaan word (broodrolletjies ens), en is ook gewoonlik in die Kerksaal.
Bediening (Brood & Wyn): Die Kerkraad moet 8:45 in die konsistorie bymekaar kom om hul dienste te ontvang per papier strokie. Sewe helpers word benodig vir die brood. Die wat brood uitdeel sal ook later die offergawes moet opneem tydens die diens. Die wyn benodig nege helpers. Die wat die wyn uitdeel moet na die tyd die Kerk opruim deur al die kelkies, bekers of kelkiehouers bymekaar te maak en kombuis toe te vat. Daar behoort ook houers by die deure te wees vir die kelkies.
Uiters belangrik dat u hierdie Kerkraadsvergaderings sal bywoon. Sake van die Gemeente word hier bespreek. Sal op die Kerkkalender aangedui wees of sal Sondae op die aankondigings verskyn.
Skakel gerus by een van die Diensgroepe in; Sorg, Steundienste, Lidmate, Gemeente Bediening, Kommunikasie of Getuienis.