top left curve top right curve

Diensaksies in die Gemeenskap

 

• Matla-a-Bana :

Werk saam met die Callie en Monique Strydom Trust in die ondersteuning van SAPD personeel wat mishandelde kinders hanteer.
Ons het : ‘n Kernkomitee wat skakeling behartig.
Ons soek : Vrywilligers wat opgelei wil word in traumasorg.
Kontak : Hennie van Rensburg ( 787 4248 / 083 325 3329)

• Orange Farm :

Ondersteun ds Richard en sy kerkraad wat in dié “plakkerskamp” werk.
Ons het : ‘n Goed georganisdeerde aksiekomitee.
Ons soek : Sendingvriende wat wil saam werk.
Kontak : Ernst Marais (791 4059 / 082 557 4160)

• MES :

Ondersteun die versorgingswerk aan hawelose mense in die Johannesburg Middestad .
Ons het : ‘n Skakelpersoon .
Ons soek : Deelname aan die jaarlikse "Winterhoop-projek".
Kontak : Elsabè Marais (791 4059)

• Ekklesiapark Aftreeoord :

Ondersteun die versorgingsprogram.
Ons het : Vrywilligers wat diensbeurte neem en besoeke bring.
Ons soek : Nog vrywilligers om beurte te neem.
Kontak : Anna-Marie Sonnekus (706 2185 / 084 811 1879)

• Sopkombuis :

Voorsien weekliks voedsel aan werkloses.
Ons het : ‘n Organiseerder en helpers.
Ons soek : Nog vrywilligers wat wil saam werk op Donderdae.
Kontak : Ella Theron (888 8669)

• Naald- en handwerkklasse :

Huishulpe en werkers word opgelei.
Ons het : ‘n Organiseerder en helpers.
Ons soek : Nog kundige en gewillige helpers. Ook afvallappe, ens.
Kontak : Priscilla Auret (706 6281)

©2006 NG Kerk Randburg - Hoofblad