top left curve top right curve

Tuisblad

Hoek van Dover Starrt en Vinelaan, Ferndale

Ons geskiedenis

Die destydse NG Kerk Ferndale is in die swaarkryjare van 1944 gestig. ‘n Eerste eie kerkgebou is in 1963 ingewy. Jare van groei het gevolg. Die gedaanteverwisseling van die woonbuurt lei tot verkoop van die 1963 – kerkgebou en die bou van huidige kompleks in die laat 1980’s.

Ons mense

Sommige lidmate is hier gebore of woon al ‘n leeftyd hier. Sagte gemeentegrense bring mee dat ‘n derde van ons lidmate buite die “ou” grense woon. Lidmate van sover as Sunninghill, Fourways en Weltevredenpark behoort aan die gemeente. Die ouderdomsprofiel is eweredig versprei tussen die bo 55’s, gesinne met skoolgaande kinders en die onder 35’s.

Ons roeping

Randburg wil - getrou aan die Bybel - vir die stadsmens van die 21 ste eeu 'n tuiste wees en glo daarom dat ... "elke lidmaat 'n toegewyde dissipel van Jesus Christus sal wees ... wat leef uit genade van God ... vir mekaar in die liefde sorg ... en 'n seën vir die wêreld sal wees."

So werk die gemeente

ErediensteElke Sondag om 09:00.
Kleuterkerk (Voorskool) tydens die erediens.
Kleinkerk (Gr 1–3) tydens die erediens.
Kinderkerk en Tienerkerk soos op die kwartaalprogram.
15:00 Huishulpe en ander werkers (Afrika-taal)
Aandbyeenkomste vind plaas soos op die jaarprogram.

Bybelstudie Groepe Vroue :
     Maandag 15:00 - Loretta Reeler (886 5414) ;
     Donderdag 11:30 - Anna-Marie Sonnekus (789 2428)
Almal :
     Woensdag 09:30, 18:00 en 20:00 - Ds Servaas.

DankofferkeuseDie verantwoordelikheid om ‘n dankoffer te gee kan op verskeie wyses gedoen word :

  • Maandelikse debietorder-opdrag (Vorms is by die kantoor beskikbaar).
  • Maandelikse kontantbydrae deur middel van wyksleier / groepleier / dankofferkoevert.
  • Kwartaallikse Nagmaaloffer vir ‘n bepaalde spesiale projek.
  • Vrouedankoffer per kwartaal vir ‘n bepaalde spesiale projek.
  • Dankbaarheidsoffer (Tiendemaand) in November.

Versorging Die kerkraad handhaaf persoonlike kontak met lidmate as ‘n kernwaarde en maak erns daarmee dat elke besoekpunt kwartaalliks bereik word. Lidmate kies een van 3 maniere om by die bediening in te skakel:

  • Geografiese wyke,
  • Omgeegroepe
  • Besoekgroepe.

KerkraadDie kerkraad bestaan uit ouderlinge en diakens wat ‘n verantwoordelikheid as wyksleier, omgeegroepleier of portefeuljeleier vervul. Die gemeentelike werk word in 6 diensgroepe verdeel – waarin kerkraadslede en lidmate dien : Sorg, Getuienis, Geestelike Groei, Lidmate, Steundienste en Kommunikasie.

Toerustingskursesse‘n Verskeidenheid kursusse word deur die loop van die jaar aangebied. Dit vind op ‘n Woensdagaand vanaf 19:00 plaas en wil gelowiges help om te groei, te sorg en te dien.

Tradisies Die gemeente het ‘n aantal besondere “tradisies” wat gehandhaaf word :

  • Toewydingsdag in Februarie.
  • Gemeentefees in Februarie;
  • Vrouediens Kunsmark in Mei.
  • Gemeentekamp in die derde kwartaal.
  • Dankie sê Sondag in November.
Kontak besonderhede
Telefoon 011 789 2428 (09:00 - 13:00)
Faks 011 787 3616
Adres H/V Dover Straat en Vinelaan, Ferndale
Pos adres Posbus 86, Randburg, 2125
E-Pos ngrburg@mweb.co.za
Leraar ds.sdek@mweb.co.za
Finansies Marina de Wet
Koster Anna-Marie Sonnekus
Orrelis Ciska Range 084 581 9725
Webmeester webmeester@ngrandburg.org
©2006 NG Kerk Randburg - Hoofblad