Behoort nader

Die gemeente maak erns met die uitdaging om ‘n plek van intensiewe verhoudings van omgee en versorging te wees. Die wydverspreide area waarin die amper 700 lidmate woon maak die uitdaging net groter en meer noodsaaklik. Omgeegroepe vir belangegroepe soos jong werkendes, jong ouers, families en bejaardes vorm die ruggraat van hierdie beweging en word deur wyksleiers se kwartaalbesoeke ondersteun. Gemeentetradisies soos die Gemeentefees in Februarie, Kuier-en-Proe in Mei en die Wynveiling in Augustus skep unieke kuiertyd – be en behalwe elke Sondag se kuier-tee. Meer besonderhede is in die voetspore-gids.