NG Kerk Randburg word in 1944 gestig met die ideaal om ‘n geestelike tuiste te wees vir mense wat in die stad ‘n heenkome kom vind het. Die geskiedenisboeke vertel verhale van besondere geseënde tye, uitdagings wat met geloofsmoed aangepak is en ‘n wonderlike gees van samewerking en liefde tussen lidmate. Tye van ernstige krisisse en nood word gevolg deur tye van groei en voorspoed.

Na meer as 70 jaar van lewe bly die gemeente kies om ‘n geestelike tuiste te wees vir die Christus-gelowige wat in die 21ste eeu in die stad werk en leef. Hierdie gemeente van God wil Sy kinders help groei in geloof, in liefde aan mekaar behoort en mekaar en Sy wêreld met seën dien.