Dien verder

Ons ligging as rand-stad gemeente skep die geleentheid vir elke lidmaat om gehoorsaam ‘n plek van diens in die die gemeente se werk op te neem. Mense wat hulle aan Jesus Christus verbind het behoort noodwendig aan Hom om gebruik te word in die lewe van ander – gelowige en nie-gelowig. Gestuur wees vra ‘n opofferende keuse om in deernis betrokke te raak by die wydlopende tragiese verhale van geweld, kinders in nood, misdaad, armoede, hongersnood, ens. Die Voetspore-gids gee detail inligting oor al die diensgeleenthede.