Groei dieper

Lidmate is mense wat in ‘n voortdurende groeiproses God se Woord bly ontdek en beleef … om die liefde vir Christus as Verlosser te bely beteken ‘n verbintenis van saamleef en inleef in Hom.

Weeklikse eredienste, Woordgesprekke, kategeseklasse, fokusweke met verskillende temas, ‘n uitgebreide gebedsbediening, die jaarlikse Toewydingsfees in Februarie en Gemeente Inspirasiedag in September gee inhoud aan hierdie lewenslange proses van geloofsgroei. Meer besonderhede is in die Voetspore-gids.